Blindekol, die boek wat die alleen-skut tot in Suid Afrika bring

Blindekol, die boek wat die alleen-skut tot in Suid Afrika bring

Blindekol deur Martin Steyn

My lesersindruk

Soos die boek begin, besef ek alles in die boek voel bekend: Helshoogte (saam gejool), Irene koshuis (ek's doodseker dis waar die boek afspeel, my ou koshuis), Neelsie, Merrimanlaan, Paarl, Strand, Stellenbosch, etc. En dit het dit vir my erg gemaak. Al hierdie bekende plekke waar iets so erg kan gebeur. Die boek hou mens van die begin af op mens se tone, jy wil net aanhou lees, al is dit hoe ontstellend. Die boek sal kom met 'n spul trigger warnings, so is beslis nie vir sensitiewe lesers nie, maar dis 'n uitstekende krimi wat ek hoogs kan aanbeveel.

Waaroor gaan die boek?

Karla Blanckenberg het 'n redelike interessante werk, maar dit kan emosioneel heeltemal dreinerend wees. Of so het sy gedink, tot sy vir Altus Malherbe ontmoet. Dit is amper soos iets uit 'n fliek uit - Altus van kop tot tone in swart aangetrek, rugsak op die rug, geweer in die hand, en moord en wraak in sy hart toe hy 'n meisieskoshuis by Maties betree. Dis dinge wat vêr oorsee gebeur, nie hier in die pragtige studente dorp tussen die akkerbome nie. En hy noem Karla op die naam, sê hy sal net met haar praat.

Dit sit nie in elkeen se broek om 'n onderhandelaar te wees nie en die werk los maar sy littetekens op die psige. Karla moet hard fokus op die situasie voor haar sonder dat die verlede haar emosies en besluitneming beinvloed. Een verkeerde woord, en sy kan Altus verloor. En saam met Altus is 'n koshuis vol jong vrouens, almal potensiële slagoffers onder die visier van sy geweer en pistool. Hoekom het Altus vandag opgestaan en moord gekies? Hoe op dees aarde gaan Karla hierdie tragiese rolprent wat voor haar afspeel beheer? Kan sy tot Altus deurding om die moordtog te stop? 

Waar kan ek dit koop in Australië?

Kindle weergawe: https://amzn.to/4BdsfkE

Fisiese boek (word internasionaal afgelaai): Graffiti boeke

0 comments

Leave a comment